Engelse en Walliese Krieketraad

Engelse en Walliese Krieketraad
Kenteken van die Engelse en Walliese Krieketraad
Kenteken van die Engelse en Walliese Krieketraad
Engelse naam England and Wales Cricket Board
Afkorting ECB
Lande Vlag van Engeland Engeland en Vlag van Wallis Wallis
Sportsoort Krieket
Gestig op 1 Januarie 1997
Gestig in Londen, Engeland
Lid van Internasionale Krieketraad
Aangesluit in 1997
Vastelandse beheerliggaam Europese Krieketraad
Voorsitter Richard Thompson
Hoof- uitvoerende beampte Richard Gould
Setel Lord’s, Londen, Engeland
Amptelike taal Engels
Amptelike webwerf ecb.co.uk

Die Engelse en Walliese Krieketraad (Engels: England and Wales Cricket Board, afgekort “ECB”) is die bestuursliggaam wat krieket in beide Engeland en Wallis beheer en is op Lord’s, Londen, gesetel.[1] Dit verteenwoordig Engeland by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n volle lid en ook by die Europese Krieketraad (European Cricket Council, “ECC”).

Van 1903 af het die Marylebone-krieketklub (MCC, kort vir Marylebone Cricket Club) al die toere van Engeland gereël.[2] Afgesien van die toetswedstryde het die Engelse span amptelik tot en met die 1976-toer na Australië in die jaar 1976/77 onder die MCC gespeel, wat die tyd weerspieël toe die MCC verantwoordelik was vir die samestelling van die toerspan. Die laaste keer wat die Engelse toerspan die MCC se “spek-en-eierkleure” gedra het, was tydens die 1996/97-toer na Nieu-Seeland.[3] Tussen 1968 en 1997 was die Toets- en Countykrieketraad (Test and County Cricket Board, TCCB) die beheerliggaam van Engelse krieket, wat dié taak by die MCC oorgeneem het. In April 1998 is die Women's Cricket Association geïntegreer by die organisasie.

  1. (en) "ECB | Contact us". Engelse en Walliese Krieketraad. Besoek op 24 Junie 2021.
  2. (en) Simon Wilde (2018). England: The Biography: The Story of English Cricket. Londen: Simon & Schuster India. ISBN 978-1-4711-5484-3.
  3. (en) Soham Samaddar (15 Januarie 2018). "5 facts about English cricket history that you probably didn't know". Sportskeeda. Besoek op 24 Junie 2021.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search